“KENTUCKY” HOENDER
- 8 stukkies hoender
- 4 koppies koekmeel
- 1 koppie melk
- 2 eiers
- 2 teelepels paprika
- 4 teelepels knoffelsout
- 2 teelepels swartpeper
- 1 teelepel Aromat
- 1 teelepel hoender speserye
Klits die eiers en melk saam.
Meng al die speserye saam met die meel in ‘n bak met ‘n deksel.
Plaas hoenderstukke in die bak met die meelmengsel en skud sodat hoender heeltemal bedek is.
Plaas hoenderstukke dan in eier-en-melkmengsel en weer in die meelmengsel.
Diepbraai op hoe hitte vir 5 minute totdat albei kante bruin is.
Diepbraai dan ‘n verdere 30 minute op medium hitte.
Haal uit en dreineer.
- KFC SOUS – Op die skyfies gesit op die foto
- 3 eetlepels margarien (harde soort)
- 5 eetlepels koekmeel
- 2 teeleple Bovril
- ½ hoender ekstrak blokkie
- 2 ½ koppie water
Smelt margarien en voeg die meel by, braai tot bruin (pasop vir brand), haal van die stoof af, voeg die water, hoenderblokkie, bietjie peper en Bovril by, roer tot dik, kook ongeveer 5 minute.
Resep en foto : Juanri Van Der Walt