KEKKELHOENDERPASTEI
- Braai die volgende saam:
- 6 hoenderborsies
- 1 pakkie bladspek
- 1 rooi ui
- 1 tamatie
- 1 rooipeper
- 2 vars knoffelhuisies
- stukkie vars gemmer
Kap alles in blokkies, braai in olyfolie tot gaar.
- Kook die volgende saam:
- 3 aartappels in klein blokkies gesny
- 2 hoenderaftreksel blokkies opgelos in kookwater
- Ekstra bestanddele:
- 4 eetlepels blatjang
- sout en peper
- skilferkorsdeeg
- roosmaryn takkies (opsioneel)
- geklitste eier vir oor verf
Plaas die gaar aartappels by die hoendermengsel, sit die blatjang, sout en peper by na smaak en laat afkoel.
Sny skilferkors in vierkante om in kolwyntjiepanne te pas sodat dit goed toevou.
Spuit panne, sit deeg in sodat dit kan toe vou oor die vulsel.
Plaas die vulsel met gerasperde cheddarkaas bo-op in die kors.
Vou toe, druk stukkie roosmaryn in deeg, verf met eier en bak by 180°C tot goudbruin.
Enjoy!
BRON- Floraine Wasserman Venter