Your Recipe Blog

KEKERERTJIE KERRIEBREDIE

KEKERERTJIE KERRIEBREDIE

  • 1 blikkie kekerertjies
  • 1 blikkie “peeled and chopped” tamaties
  • 1 blikkie klapperroom of klappermelk
  • 1 medium ui, gekap
  • 1 sakkie tamatiepuree
  • knoffel, gekap na smaak
  • kerriepoeier, na smaak
  • sap van 1 suurlemoen

Sny ui fyn en braai in ‘n eetlepel olie, voeg knoffel by en braai verder tot die uie deurskynend is.
Voeg die kerriepoeier in na smaak en braai saam met die ui en knoffel.
Dreineer kekerertjies en voeg by die kerriemengsel in die pan sowel as die blik tamaties.
Laat dit prut vir so 5 minute.
Voeg die klapperroom en tamatiepuree by. Meng en laat prut vir ‘n verdere 5 minute.

Druk laastens die sap van die suurlemoen uit, voeg by en laat prut tot dikker.
Bedien met roti of basmati rys.

Resep en foto: Michelle Bekker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page