Your Recipe Blog

KEIAPPELJELLIE EN -PEKTIEN

KEIAPPELJELLIE EN -PEKTIEN

Jellie:
Gebruik keiappels wat nie oorryp is nie.
Was en sny die vrugte oop.
Plaas die vrugte in ‘n pot met genoeg water om die vrugte te bedek.
Kook die vrugte totdat dit sag is en die water lymerig is.
Moenie roer terwyl dit kook nie, indien die vrugte vassit aan die bodem van die pot, maak dit versigtig los met ‘n houtlepel.
Maar moenie roer nie dit veroorsaak dat jou jellie troebel word.
Syg die vrugte deur ‘n doek. Dit is belangrik dat die sap vanself deur die doek loop, moet dit nie deur die doek druk nie.
Weeg die sap.
Voeg 500 g suiker by vir elke 500 g sap en verhit stadig totdat al die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte tot kookpunt en syg dit weer deur ‘n skoon doek.
Die jellie is gereed, sodra dit dik van ‘n lepel afdrup.
Giet die kokende jellie in warm gesteriliseerde bottels en laat dit oopstaan totdat dit koud is.
Plaas die deksels op die bottels en seël.

Resep en foto: Johan Du Preez Snr

Pektien:
Ek het die naweek my Keiappeltjies benut om pektien te maak en te bottel.
Ek gaan die pektien later benut om konfyte van te kook (of keiappel jellie met of sonder rissies) wanneer vrugte met min pektien soos aarbeie in seisoen is.
Ek het 2 baie groot potte vol gekook, waaruit ek 20 liter pektien kon bottel.
Volg die resep vir Keiappeljellie tot na dit deur die melkdoek gefiltreer is, bring dit weer tot kookpunt en bottel warm.

Nota:
Ek het ‘n massiewe ou boom en het laas jaar glad nie die vruggies benut nie. Gewoonlik het ek in die verlede konfyt van die pulp ook gekook, maar dit bestaan uit 70% pitte en dit is net nie vir my die moeite werd nie. Dit is egter fantastiese, gratis pektien. Ek sny dit nie eers op nie, ek kook dit net so met stingeltjie en al.

Resep: Petro Borchard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page