Your Recipe Blog

KASTROL BOBOTIE

KASTROL BOBOTIE

  • 2 uie, fyn gekap
  • kookolie
  • 30 ml kerriepoeier
  • 10 ml borrie
  • 800 g maalvleis
  • 3 snye brood, in melk geweek
  • sout en peper na smaak
  • 2 aartappels, in blokkies gensny en gaar gekook
  • appelkooskonfyt (2 – 4 teelepels)

Braai die uie tot glasig. Voeg die kerrie en borrie by en braai 1 minuut lank.
Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en verbruin. Verlaag die hitte.
Voeg dan die brood by (melk uitgedruk) asook sout en peper. (Voeg ‘n klein bietjie water by, indien nodig).
Voeg die gaar aartappel blokkies by en laat prut tot gaar.
Geur met appelkooskonfyt en meng goed deur.
Bedien saam met rys.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page