KARRINGMELKBESKUIT
Ek plaas graag weer my betroubare karringmelk beskuit resep. Dit is ‘n heerlike beskuit en krummel nie baie as jy dit uit die pan haal nie.
- Sif saam:
- 3 kg bruismeel
- 30 ml bakpoeier
- 30 ml sout
- Vryf die volgende in tot dit soos broodkrummels lyk:
- 750 g bake margarien van jou keuse
- Meng die volgende saam:
- 3½ koppies wit suiker
- 200 ml sonneblomolie
- 3 extra groot eiers
- 1 liter Amasi of karringmelk
- 10 ml vanilla geursel
Voeg nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed tot ‘n sagte deeg.
Verdeel tussen die 2 panne versprei en rol plat met ‘n koekroller.
Sny met snyer en bak vir 40 minute teen 180°C, laat vir so 20 minute in panne afkoel, neem skerp mes en sny mooi deur.
Lig versigtig uit die panne en pak in ‘n skinkbord, laat heeltemal koud word, droog uit op 100°C vir 3 en half uur.
Nota:
Hierdie beslag maak 2 van daardie plat beskuit panne met die snyers vol (die pan met 78 stukkies).
Gewig van gedroogte beskuit is 4.3 kg op 1 mengsel.
Resep en foto: Magda van der Merwe