KARRINGMELKBESKUIT VAN BRUISMEEL
Die resep het ek by een van my vriendinne gekry. Dit is ‘n baie lekker resep.
- 1 kg bruismeel
- 500 g botter of marvello margarien
- 1 koppie suiker
- 2 eiers, geklits
- 2 koppies karringmelk
- bietjie sout
Vryf botter of marvello in die meel in.
Voeg die suiker en sout by die meelmengsel in.
Meng geklitse eiers by die karringmelk in en voeg by die meelmengsel.
Vorm tot ‘n sagte deeg en plaas in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 45 minute by 180°C.
Sny in stukke en droog uit in die oond teen 100°C.
Resep en foto: Gail Olivier