KARRINGMELKBESKUIT VAN BRUISMEEL
Resep en foto: Gail Olivier
Die resep het ek by een van my vriendinne gekry. Dit is ‘n baie lekker resep.
- 1 kg bruismeel
- 500 g botter of marvello margarien
- 1 koppie suiker
- 2 eiers, geklits
- 2 koppies karringmelk
- bietjie sout
- Vryf botter of marvello in die meel in.
- Voeg die suiker en sout by die meelmengsel in.
- Meng geklitse eiers by die karringmelk in en voeg by die meelmengsel.
- Vorm tot ‘n sagte deeg en plaas in ‘n gesmeerde oondbak.
- Bak vir 45 minute by 180°C.
- Sny in stukke en droog uit in die oond teen 100°C.
Category:

