KARRINGMELKBESKUIT MET PEKANNEUTMEEL
Resep en foto: Hannie Steyn
Ek deel graag die resep wat ek gebruik het.
Het die resep by ‘n vriendin gekry.
- Nota: Dit is 46 x 35 x 2 cm pan met snyers wat ek gebruik.
Ek vind as ek die deeg halfvol in die pan het, dan rys en bak dit mooi gelyk met die rant.
Ek het 1¾ pan uit die beslag gekry, maar ek gaan my resep volgende keer 1¼ keer aanmaak dan sal dit ‘n volle 2 panne maak. - 200 g margarien
- 3 eiers
- 2 koppies suiker
- 500 ml karringmelk
- 1 kg bruismeel
- 750 g pekannutmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- Stel oond op 180°C.
- Spuit beskuitpanne.
- Klits sagte margarien, eiers en suiker tot donsig.
- Voeg karringmelk by en meng goed deur tot suiker opgelos is.
- Voeg by gesifde droë bestanddele.
- Druk deeg gelyk in panne, rol gelyk met ‘n koekroller, sny en bak vir 1 uur.
- Laat afkoel en droog uit op 100°C.
Category:

