KARRINGMELKBESKUIT MET PEKANNEUTMEEL
Ek deel graag die resep wat ek gebruik het.
Het die resep by ‘n vriendin gekry.
Dit is 46 x 35 x 2 cm pan met snyers wat ek gebruik.
Ek vind as ek die deeg halfvol in die pan het, dan rys en bak dit mooi gelyk met die rant.
Ek het 1¾ pan uit die beslag gekry, maar ek gaan my resep volgende keer 1¼ keer aanmaak dan sal dit ‘n volle 2 panne maak.
- 200 g margarien
- 3 eiers
- 2 koppies suiker
- 500 ml karringmelk
- 1 kg bruismeel
- 750 g pekannutmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
Stel oond op 180°C.
Spuit beskuitpanne.
Klits sagte margarien, eiers en suiker tot donsig.
Voeg karringmelk by en meng goed deur tot suiker opgelos is.
Voeg by gesifde droë bestanddele.
Druk deeg gelyk in panne, rol gelyk met ‘n koekroller, sny en bak vir 1 uur.
Laat afkoel en droog uit op 100°C.
Resep en foto: Hannie Steyn