KARRINGMELKBESKUIT MET KLAPPER
Resep en foto: Diane Roode Hancox
- Sif die volgende saam:
- 8⅓ koppies bruismeel
- 1 eetlepel bakpoeier
- 2 teelepel sout
- ½ koppie klapper (Ek het bietjie meer bygevoeg)
- Maak die volgende in die mikrogolf warm:
- 2 koppie karringmelk
- 500 g botter
- 1½ koppie suiker
- Ekstra:
- 2 geklitste eiers
- Voeg die nat- en droëbestanddele saam, en meng goed. Voeg 2 geklitste eiers by en meng goed.
- Skep die deeg in die voorbereide beskuitpanne, en druk af of sny.
- Bak vir 30 minute teen 180°C.
- Laat bietjie afkoel en droog uit teen 100°C vir 3-4 ure.
Category:















Dankie vir kits resep, ek gaan dit probeer! (met sesame saad bo-oor gestrooi…vir looks en nutty falvour.)