KARRINGMELKBESKUIT MET BRUINSUIKER
- 12 koppies koekmeel
- 12 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels sout
- 500 g margarien
- 2 koppies bruinsuiker
- 2 eiers
- 2 teelepels koeksoda
- 2 teelepels asyn
- 4 koppies Amasi
Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die margarien en suiker saam en voeg die eiers by, klits tot goed gemeng.
Meng die koeksoda met die asyn in ‘n koppie en voeg dit by die bottermengel saam met die Amasi en meng deur.
Voeg die vloeistofmengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
Die deeg is nie baie styf nie, indien verkies kan nog ‘n koppie meel bygevoeg word.
Plaas die deeg in voorbereide beskuit panne van jou keuse en plaas die beskuit dadelik in die voorverhitte oond.
Bak die beskuit vir 50 minute by 180ºC, of tot ‘n toetspen skoon uitkom wanneer getoets word.
Haal die beskuit uit die panne en laat afkoel.
Breuk die afgekoelde beskuit in stukke soos verkies en droog die stukke beskuit, oornag uit in ‘n koel oond by 70ºC. Lekker eet.
Nota:
Ek het die beskuitpanne met die snyers gebruik.
Resep en foto: Helena Erwee