Your Recipe Blog

KARRINGMELKBESKUIT MET ALL BRAN FLAKES

Recipe by
Cook: 60 minute

KARRINGMELKBESKUIT MET ALL BRAN FLAKES

  • 2 kg bruismeel
  • 10 ml sout
  • 1 kg botter (moet botter wees)
  • 700 g suiker
  • 1 liter karringmelk (ek gebruik soms amazi, is lekker romerig)
  • 4 ekstra groot eiers
  • 400 g All Bran flakes, fyngemaak (ek sit dit sommer in my voedselverwerker)

Verrroom suiker en eiers. Meng droë bestanddele in ‘n groot bak.
Maak ‘n spasie in die middel van die meel en voeg karringmelk, botter(ek smelt myne effens in die mikrogolf) en eiermengsel by. Meng baie goed.
Berei 2 oondpanne en skep mengsel daarin en druk vas, maak gelyk.
Bak vir 1 uur teen 180ºC.  Keer die beskuit uit op afkoelrakkie.
Laat die beskuit goed afkoel, sny dan in happie grote en droog oornag uit.

Resep en foto: Ida Bouwer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page