Your Recipe Blog

KARRINGMELK WEETBIX BESKUIT

Avatar photo
Recipe by
55 minute
| Servings: 70 bolletjies

KARRINGMELK WEETBIX BESKUIT

Hierdie beskuit is eie in sy soort, regtig baie baie lekker.

  • Meng die volgende saam in een bak:
  • Droë bestanddele:
  • 1.5 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 10 Weetbix blokkies, fyngerol
  • 1 koppie semels
  • Nat bestanddele:
  • 400 ml margarien
  • 500 ml karringmelk
  • 300 ml kookolie
  • 500 ml suiker
  • 2 geklitste eiers

Stel oond op 180°C om te voorverhit.|
Smelt margarine laat afkoel en klits saam met ander nat bestanddele.
Voeg bietjie van meelmengsel by die bottermengsel en klits saam.
Sit nou ander droë bestanddele by en knie goed saam.
Maak balletjies en plaas in gespuite oondpan soos op die foto.
Daar is 70 balletjies, ek bak 10 apart in gespuite broodpan.
Bak vir ongeveer 55 minute tot gaar.
Breek of sny soos verkies en pak op oondrak.
Droog uit met houtlepel in oonddeur op 100°C tot die beskuit droog is, ongeveer 4 – 5 ure of langer hang af van die dikte van die beskuit.
Geniet☕

Fot en resep:  Rita Killian

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page