KARRINGMELK WEETBIX BESKUIT
Foto en resep: Rita Killian
Hierdie beskuit is eie in sy soort, regtig baie baie lekker.
- Meng die volgende saam in een bak:
- Droë bestanddele:
- 1.5 kg bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 10 Weetbix blokkies, fyngerol
- 1 koppie semels
- Nat bestanddele:
- 400 ml margarien
- 500 ml karringmelk
- 300 ml kookolie
- 500 ml suiker
- 2 geklitste eiers
- Stel oond op 180°C om te voorverhit.|
- Smelt margarine laat afkoel en klits saam met ander nat bestanddele.
- Voeg bietjie van meelmengsel by die bottermengsel en klits saam.
- Sit nou ander droë bestanddele by en knie goed saam.
- Maak balletjies en plaas in gespuite oondpan soos op die foto.
- Daar is 70 balletjies, ek bak 10 apart in gespuite broodpan.
- Bak vir ongeveer 55 minute tot gaar.
- Breek of sny soos verkies en pak op oondrak.
- Droog uit met houtlepel in oonddeur op 100°C tot die beskuit droog is, ongeveer 4 – 5 ure of langer hang af van die dikte van die beskuit.
Category:












