KARRINGMELK-GRONDBOONTJIEBOTTERBESKUIT
- 2 kg bruismeel
- 10 ml bakpoeier
- 10 ml sout
- 500 ml bruinsuiker
- 250 ml granola muesli
- 250 ml gemengde sade (Health Mix)
- 500 g botter
- ± 500 ml karringmelk*
- 10 ml vanilla geursel
- 4 eiers
- 400 g grondboontjiebotter
- ekstra melk / karringmelk, indien nodig
Meng droë bestanddele saam, vryf botter by droë bestanddele in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
Klits eiers, karringmelk en grondboontjiebotter saam. Voeg by meelmengsel en meng tot alles goed gemeng is. Plaas deeg in plat beskuitpan/ne. Druk die drukker in en verwyder weer indien jy die drukkerpanne gebruik.
Bak in voorafverhitte oond teen 180 °C tot goudbruin en toetspen skoon uitkom. Laat effe afkoel en breek of sny in stukke. Droog uit teen 100°C vir 1 – 2 ure.
Nota:
*Ek moes melk addisioneel byvoeg by die deeg, want dit was te droog. Ek sal vanaf 500 ml karringmelk, die addisionele karringmelk/melk eerder bietjie vir bietjie byvoeg en deurmeng tot die deeg reg is.
Ek het beskuitpanne met die snyers gebruik.
Tyd vir terugvoering oor smaak: Dis lekker maar kon nie die grondboontjiebotter proe nie. Sal weer maak maar die hoeveelheid grondboontjiebotter verdubbel.
Resep en foto’s: Michaela Boon