Your Recipe Blog

KARIN SE VINNIGE MAALVLEISSOP

KARIN SE VINNIGE MAALVLEISSOP

  • Braai saam:
  • 1 ui, gekap
  • 500 g maalvleis
  • Voeg by:
  • 2 biefblokkies
  • 1 ketel vol kookwater
  • 3 wortels, gerasper
  • 3 aartappels, gerasper
  • 1-2 blikke “Baked beans” (of groot hand vol elk bevrore mielies + ertjies)
  • 125 g pasta
    (enige klein vorms, ons hou van alfabet noedels/spaghetti in stukkies gebreek/in nood selfs al 2 minute noodles ook gebruik)
  • Tamatiepasta (of tamatiesous, wat ookal in jou kas is), na smaak
  • Geur na smaak met sout, peper, knoffel, maalvleisspeserye, pietersielie, of net waarvan julle hou

Kook 20-30 min tot gaar.
Tjoef-tjaf klaar! Soms bind ek die sop met bietjie Bisto – ek dink dit hang af van die soort aartappel wat jy gebruik, want soms bind die sop lekker en soms bly dit bietjie waterig, maar Bisto of selfs klein bietjie soppoeier as dit moet sal ook werk.
Onthou om gereeld te roer sodat die pasta nie afsak en onder vasbrand nie.

Resep geplaas deur Liza-Mari Rheeders
Foto:  Liza-Mari Rheeders

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page