KAREN SE VLAKOEK
- 1 koppie koekmeel
- 75 ml Maizena
- 5 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 5 eiers, geskei
- 250 ml strooisuiker
- 100 ml yswater
Klits eiergeel en strooisuiker tot donsig.
Voeg yswater bietjies by die mengsel terwyl jy heeltyd meng.
Sif die droë bestanddele saam en vou in by die mengsel.
Klits eierwitte styf en vou in die mengsel in met ‘n lepel.
Skep in 2 ronde panne (20 cm)
Bak vir 20 minute teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
- Vla:
- 3 koppies melk
- 175 ml vlapoeier
- 125 ml margarien
- 250 ml strooisuiker
- 5 ml vanilla geursel
Meng die vlapoeier en melk.
Sit op die stoof op lae hitte en bring tot kookpunt.
Giet die warmmengsel in ‘n plastiek bak en klits die oorblywende bestanddele by.
Laat dit koud word in die yskas.
Meng af en toe goed deur.
Verdeel elke koek in twee (4 dele) en versier met vla tussen lae en bo-op.
Resep en foto: Karen Marais
2de Foto: Hermien Everts – Vandag Karin se vlakoek op die groep gebak. 2 Lae in 4 lae verdeel. Flatervrye resep.