KARAMELSOUS VIR SPRINGMIELIES
- Karamel sous:
- ½ koppie botter
- ½ koppie bruinsuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- ½ teelepel koeksoda
- 1 pak springmielies
Maak die springmielies in die mikrogolfoond volgens die aanwysings op die verpakking.
Skep die springmielies in ‘n bak en hou eenkant.
Smelt die botter oor lae hitte.
Voeg die bruinsuiker by.
Roer oor lae hitte totdat die botter deeglik gemeng is met die suiker en dit borreltjies maak.
Laat vir 4 minute liggies borrel.
Voeg die vanilla by en roer goed deur en laat nog 1 minuut stadig prut oor lae hitte.
Voeg die koeksoda by en roer goed deur.
Verwyder die pot van die hitte.
Skep lepelsvol van die stroop oor die springmielies en meng goed deur.
Keer die springmielies uit op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgelê is en krap dit oop om af te koel.
Geniet dit kinnerlik.
‘n Lekker projekkie vir die kjinners wat met skoolvakansie is.
Resep en foto: Gideon Louw