Your Recipe Blog

KARAMELKONDENSMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: 50 minute

KARAMELKONDENSMELKBESKUIT

Resep aangepas en foto: Sarie Van Vuuren
“Het karamel beskuit probeer; dit baie lekker uitgekom – karamel geursel bring beslis daai toffie smaak uit. My man het sy goedkeuring gegee. Ek het so bietjie aan die oorspronklike resep verander. Jammer, vra omverskoning aan dame wie se resep dit oorspronklik was.” Hier is my weergawe.

  • 6 koppies bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • 250 g botter (gesmelt)
  • 1 blik (385 g) karamelbederf (treat)
  • 2 eiers
  • ½ koppie heuning
  • 400 ml darling heuning jogurt
  • 10 ml karamel geursel
  • Voorverhit oond tot 180 °C.
  • Meng droë bestanddele:
    Meng meel, sout en bakpoeier in groot bak.
  • Meng nat bestanddele:
    Klits die karamelbederf, heuning, eiers, gesmelte botter, heuning jogurt en karamel geursel saam.
  • Maak deeg:
    Meng nat bestanddele by droë bestanddele en meng totdat sagte, effens klewerige deeg vorm.
  • Plaas die deeg in voorbereide beskuitpanne, maak gelyk.
  • Plaas in voorverhitte oond en bak vir 50 minute.
  • Laat afkoel en sny in beskuitporsies. Pak uit op oond rakkies.
  • Droog beskuit in oond by 100 °C vir ± drie uur.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page