Your Recipe Blog

KARAMEL VLAKOEK

Recipe by
Cook: 20 min | Servings: 1 x 4 laag koek

KARAMEL VLAKOEK

  • Beslag:
  • 4 ekstra groot eiers, geskei
  • 50 ml koue water
  • 250 ml suiker
  • 250 ml koekmeel
  • 25 ml mielieblom
  • 2 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • Vulsel:
  • 130 ml botter
  • 250 ml strooisuiker
  • 500 ml melk
  • 80 ml vlapoeier
  • 250 ml room
  • 5 ml karamel geursel
  • 15 ml stooisuiker
  • 15 ml karamel kitspoeding poeier
  • geroosterde klapper, opsioneel

Voorverhit oond tot 180°C.
Voer 2 x 20 cm koekpanne uit met bakpapier en bespuit met kleefwerende kossproei.
Klits eiergele, water en suiker baie goed tot lig en dik en tot al die suiker opgelos is.
Sif die droë bestanddele by en vou in by die eiermengsel.
Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
Skep in panne en bak ongeveer 20 min lank tot gaar toets.
Keer die koeke uit op ‘n afkoel rak.
Laat afkoel en halveer elke koeklaag.

Vulsel:
Verroom die botter en strooisuiker vir die vulsel goed.
Maak ‘n dik vla van die melk en vlapoeier gemeng, op die stoof.  Kook tot verdik en gaar en laat afkoel.
Klits die koue vla by die bottermengel in.
Verkoel in die yskas.
Klits die room styf en verdeel die room in die helfte.
Voeg die karamel geursel by die een helfte en die kitspoedingpoeier by die ander helfte.
Klits weer tot styf.
Smeer die helfte van die vlavulsel op die onderste laag van die koek.
Plaas die volgende koeklaag op en smeer die room met karamel geursel bo-op.
Plaas die volgende laag koek en smeer die room met kitspoeding bo-oor daardie laag.
Plaas die laaste koeklaag op en smeer die res van die vlavulsel bo -oor.
Garneer met geroosterde klapper.

Resep en foto: Amanda Austen

 

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page