Your Recipe Blog

KARAMEL VERSIERSEL VAN KITSPOEDING

KARAMEL VERSIERSEL VAN KITSPOEDING

Ek het die karamel versiersel gemaak, maar butter scotch poeding gebruik en dit was regtig heerlik en is oorgenoeg vir vulsel en bo-op ‘n dubbel laag koek of ‘n pankoek.  Ek kan hierdie versiersel regtig aanbeveel dit is regtig nie so walglik soet nie.

  • 1 pakkie karamel kits poeding, net so droog
  • 1 blikkie “caramel” kondensmelk
  • 250 ml room

Plaas alles in die mengbak van jou menger, meng baie goed en vinnig vir 5 min, laat staan vir ongeveer 10 min, meng weer lekker vinnig en smeer op die koek, of sit in ‘n spuitsak en versier soos verkies.
Geniet hom.. en lek die vingers ook af!

Nota:
Dankie Rina vir die karamel kits poeding versiersel resep… dit het lekker styf uitgekom soos jy kan sien op die cupcake foto 🙂

Resep: Rina Kleinhans
Foto: Elsa du Plessis

2 Reviews

  1. Connie

    Hi ek wil die butterscotch meng met melk en caramel kondensmelk. Dit is vandag Dinsdag maar die ooievaarstee is eers Sat. Sal dit sleg word

    • Hallo Connie, hou dit net in die yskas dan sal dit niks oorkom nie, dit is ‘n heerlike versiersel.
      Soos ek altyd se, vars is altyd beter, maar as die tyd dit nie toelaat nie, doen mens maar wat jy kan… probeer so na as moontlik aan saterdag dit doen indien moontlik, maar in die yskas sal dit niks oorkom nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page