KARAMEL SPRINGMIELIES
- 500 ml gesoute grondboontjies
- 250 ml Demarera suiker of Karamel suiker
- 125 ml gouestroop
- 125 ml botter
- 10 ml vanilla geursel
- 1 ml koeksoda
- 4 liter groot pot klaar gespringde springmielies
Meng die grondboontjies en die springmielies saam in ‘n oondpan.
In ‘n swaar boom pot voeg al die ander bestanddele by behalwe die koeksoda en die vanilla geursel.
Laat kook tot “sagte bal staduim” of tot 116ºC.
Verwyder van die stoof en voeg die vanilla by en koeksoda. Die mengsel sal begin bruis, maar hou aan roer.
Meng die mengsel deur die springmieliemengsel en roer deeglik deur.
Bak in ‘n voor verhitte oond teen 180ºC vir 20 min.
Terwyl die mengsel bak roer dit om elke 10 min om te verhoed dat dit aanbrand.
Verwyder van die oondpan en laat afkoel.
Foto: Ilona Turner