KARAMEL OREO SJOKOLADEKOEK
- Koek:
- 125 ml olie
- 4 eetlepels kakao
- 125 ml kookwater
- 250 ml kouewater
- 1 ½ koppie suiker
- 4 eiers
- 2 koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- sout
- Versiersel:
- 1 pakkie sjokolade Oreo koekies
- 1 blikkie karamel kondensmelk
Meet olie af in maatbeker, roer kakao daarby. Voeg kookwater by en roer goed. Voeg kouewater by, roer en hou eenkant.
Klits suiker en eiers goed saam tot dik en liggeel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam oor suiker en eiermengsel.
Klits net totdat die droë bestanddele ingewerk is. Voeg die koue kakao stadig by terwyl geklits word tot gemeng.
Skep die deeg in ‘n tuitpan en bak vir 45 minute by 180°C.
Keer uit die pan en laat heeltemal koud word voordat koek versier word.
Sodra koek heeltemal koud is verdeel koek in 2 deur met ‘n garingdraad te sny.
Smeer helfte van karamel kondensmelk oor en breek helfte van Oreo koekies bo-op.
Plaas ander laag bo-op.
Smeer res van kondensmelk op koek en breek res van Oreo koekies bo-oor.
Resep en foto: Lizè de Wet