Your Recipe Blog

KARAMEL MARIE BESKUITJIE FUDGE

KARAMEL MARIE BESKUITJIE FUDGE

Resep en foto: Gillian Vermeulen
Vir die mense wat lief is vir die Marie beskuitjie-Fudge, hier het ek vir julle ‘n karamel weergawe. Ek is nie mal oor die sjokolade-geur nie, en toe besluit ek om ‘n karamel-geur uit te toets.

  • 1 blik “caramel treat”
  • 200 g bakmargarien of botter
  • 500 g versiersuiker
  • 2 x 200 g  pakke Marie beskuitjies, fyngekap of gerol
  • 2 koppies klapper
  • Smelt botter en karamel oor lae hitte tot glad en mooi gesmelt.
  • Voeg die Bariebeskuitjies by en roer deur. Roer die klapper by.
  • Druk vas in ‘n reghoekige of vierkantige gesmeerde bakplaat/bak van 35 x 30 cm en laat afkoel.
  • Sny in blokkies voor dit koud is en laat afkoel tot heeltemal gestol.
  • Bêre in lugdigte houer op ‘n koel plek.

Nota:
As jy nie van klapper hou kan jy nog 100 – 150 g fyngerolde Marie beskuitjies byvoeg en die klapper weglaat.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page