KARAMEL, MALTESER EN WEET-BIX SKYWE
Dis n baie ekonomiese resep – ek het omtrent 35 vingers uitgekry, maar omdat dit redelik soet is dink ek dat jy dit kan halveer. Regtig baie lekker!
- ¾ koppie suiker
- 3 Weet-bix blokke, gekrummel
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie klapper
- 1 teelepel bakpoeier
- 125 g botter
- 1 blik kondensmelk
- 2 eetlepel botter
- 4 eetlepel gouestroop
- 1 plak donker sjokolade, gesmelt
- opsioneel – maltesers, whispers, neute of malvalekkers (enige iets wat jy verkies)
Meng suiker, weetbix, meel, klapper en bakpoeier saam.
Voeg botter by, meng goed en druk in ‘n oondpan vas.
Bak 15 minute by 180 ºC.
Verhit kondensmelk, botter en stroop saam totdat botter gesmelt is.
Smeer oor gebakte basis, pak ‘n paar maltesers of wat jy verkies bo-op en bak weer vir 5 min.
Smeer gesmelte sjokolade oor, en maak gelyk met ‘n lepel sodat die hele bo-kant bedek is.
Laat afkoel, plaas in die yskas en laat staan in yskas oornag, sny in blokkies of skywe.
Foto en resep: Ilze Garbers Jacobs