KARAMEL KAASKOEK
- 2 blikke kondensmelk
- 2 bakkies roomkaas
- 1½ blikke karamel kondensmelk
- ½ koppie suurlemoen sap
- beskuitjie kors van jou keuse
Meng alles goed saam.
Maak ‘n kors van jou keuse en druk vas in ‘n tertbak.
Ek het karamel Marie koekies gebruik.
Skep die mengsel op die kors.
Bak vir 15 min – 180 ºC of 160 ºC in ‘n waaieroond.
Laat afkoel en sit in yskas om heel af te koel.
Kan ook as kolwyntjies gebak word.
Bak dan net 8 min.