KARAMEL EN PIESANG YSKASTERT
- 1 pakkie Tennis beskuitjies, fyngedruk
- 125 ml gesmelte margarien
- 2 blikke karamel kondensmelk
- 3 groot ryp piesangs
Spuit ‘n 19 cm tertbord.
Meng die krummels en margarien saam en druk vas in die tertbord om kors te vorm.
Klits die karamel tot glad en skep in die tertkors.
Gebruik stewige piesang nie oorryp nie, anders is hulle pap.
Doop die piesangs met skil en al in kookwater totdat die skil goed verkleur het.
Haal die piesangs uit die warm water en laat piesangs heeltemal afkoel.
Skil af en sny in skyfies.
Rangskik die skyfies bo-op die karamel.
Plaas die tert in die yskas om te verstewig.
Nota:
Die tert is nogal baie soet.
Mens kan geklopte room ook bo opsit indien verkies.
Foto en resep: Amanda Austen