KARAMEL EN PEKANNEUT SJOKOLADEKOEK
- 100 g sjokolade
- 1 blikkie kondensmelk
- 100 g pekanneute
- 310 ml koekmeel
- 60 ml kakao
- knypie sout
- 20 ml bakpoeier
- 200 g botter
- 1 koppie suiker
- 3 eiers
- 5 ml vanilla geursel
- 200 ml karringmelk
- Ganache:
- 200 g donker sjokolade
- 125 ml room
- 50 g botter
Koek:
Verhit oond tot 180ºC. Voer ‘n 24 cm losboompan uit met ‘n laag bakpapier en spuit goed met kossproei.
Smelt die kondensmelk en sjokolade in ‘n pot oor ‘n matige hitte. Voeg dan die neute by.
Skep in die voorbereide pan. Sif die meel, kakao, sout en bakpoeier saam in ‘n mengbak.
In ‘n aparte mengbak, room die botter en suiker met ‘n elektriese klitser, voeg die eiers een vir een by terwyl jy klits, voeg die vanilla geursel en karringmelk by en meng deur.
Voeg die droë bestanddele by en klits saam tot ‘n gladde beslag.
Skep die beslag bo-oor die sjokolade, kondensmelk en pekanneut laag.
Bak vir 45 minute na ‘n uur totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat goed afkoel en verwyder die bakpapier so 10 minute nadat dit aanvanklik begin afkoel het.
Laat die koek heeltemal afkoel voordat die genache laag oorgesit word.

Ganache:
Smelt al die bestanddele in ‘n pot oor matige hitte. Sodra dit goed gesmelt het, haal van die hitte af en skep in bakkie, klits met ‘n “whisk” tot mooi glad.
Versier dan met die genache en gerasperde sjokolade. Plaas in die yskas vir so ‘n halfuur tot die ganache mooi gestol het en bedien.

Resep en foto: Japie Jacobs
Category: