Your Recipe Blog

KARAMEL BROODPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

KARAMEL BROODPOEDING

  • 10 Snye witbrood korsies afgesny
  • 5 eetlepels botter
  • 4 koppies melk
  • 4 eiers geklits

Pak die witbrood, in groot blokke gesny  in ‘n glasbak.
(Ek het rosyntjie brood gebruik maar nie die korsies afgesny nie.)
Smelt botter en melk saam. (Ek het natuurlike room gebruik)
Meng eiers by. Giet mengsel bo-oor brood en laat week vir 15 minute.
Druk nou brood effens af om goed te week.
Bak 40 minute by 180°C.

BO-LAAG

  • Klits saam:
  • 1 koppie margarien
  • 2 koppies suiker
  • 2 eiers geklits
  • 2 teelepels vanilla essense
  • 1/2 teelepel karamel pasta

Giet bo-oor warm poeding wanneer uit die oond kom.
Bak vir nog 20 minute by 180°C.
Bedien met vla.

Resep geplaas deur Annetjie van Huyssteen
Foto: Annetjie van Huyssteen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page