Your Recipe Blog

KAPOKAARTAPPEL POFFERS

KAPOKAARTAPPEL POFFERS

Ek het kapokaartappels oorgehad van ‘n vorige ete en toe die poffers daarvan gemaak.

  • 3 koppies kapokaartappels
  • 1 koppie bruismeel
  • 2 eiers
  • kaas en speserye na smaak
  • olie vir braai

Meng die bestanddele saam en braai lepelsvol in ‘n pan met matige warm olie op die stoof.
Sprinkel met Aromat (na smaak) en bedien.

Nota:
My moeder het dit altyd gemaak met stukkies spek in, baie lekker.

Resep en foto: Iandra Christien Maré

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page