KANADESE MOSTERD PIEKELS
Vandag weer ‘n slag my Canadian Mustard Pickles gemaak.
- 2 blomkole, in huisies gebreek
- 750 g wortels, geskil en ringe gesny
- 2 groot potte agurkies (ek het sweet and tangy gebruik)
- 1 kg klein uitjies, geskil
- 1 bos seldery, in skyfies gesny
- 1 rooi peper, ontpit en opgesny
- 5 ¼ koppies suiker
- 6 koppies wit druiwe asyn
- 1 teelepel borrie
- 1 teelepel heel naeltjies
- ¼ koppie aangemaakte mosterd (Old English Mustard)
- ½ koppie sout
- stroop van die 2 houers agurkies
Plaas al die vloeistof, suiker en al die droë bestanddele asook naeltjies in presto of lekker groot pot. Laat kook liggies tot suiker opgelos is. Wanneer dit begin kook voeg jy die wortels, ui en seldery by. Laat dit bietjie kook. Nie meer as 10 minute, tensy jy van jou groente pap hou. Sit plaat af en voeg die res van bestanddele by. (Ek voeg my agurkies en rooi peper heel laaste by want in die warm vloeistof raak dit sag genoeg). Roer dit lekker deur.
Skep in warm gesteriliseerde flesse en verseël dadelik en laat die bottels op hulle proppe afkoel.
Resep en foto: Ronell Visser Gouws