Your Recipe Blog

KAMMAKREEF EN GEGEURDE RYS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 - 8

KAMMAKREEF EN GEGEURDE RYS

Ek het vandag vir aandete ‘n kammakreef gereg en gegeurde rys gemaak. Ek het nie die gereg koud bedien nie. My mense het dit baie geniet. Al oepsie wat ek gehad het; ek het van die uie vergeet in die kammakreef.

  • 1,5 kg stokvis
  • 1 liter water
  • 25 ml asyn
  • 5 ml sout
  • knippie peper
  • Sous:
  • 1 koppie mayonnaise
  • 125 ml tamatiesous
  • 5 ml Worcestersous
  • 5 ml brandewyn
  • 1 ui, gerasper
  • paar druppels tobascosous
  • knippie sout
  • ¼ teelepel Aromat
  • Garnering:
  • slaaiblare, gekapte pietersielie, suurlemoenskyfies

Kook vis in groot kastrol met water, asyn, sout en peper tot gaar, maar nie pap.
Dreineer, verwyder vel en grate en vlok vis.
Laat afkoel.
Meng bestanddele vir sous en verkoel. Voeg by vis en meng liggies.
Skep op slaaiblare en garneer met pietersielie en suurlemoenskyfies. (Ek het nie garneering gebruik nie)

ELNA SE GEGEURDE RYS

  • 2 koppies rys
  • 2 koppies gemengde ertjies en mielies (groente van eie keuse)
  • 1 pakkie patato bake (Eie keuse van geur)

Meng ertjies, mielies en rou rys saam met 500 ml water. Kook vir 10 min in die mikrogolfoond.
Spoel af en meng patato bake met rys, voeg 60 ml water by en plaas terug in die mikrogolfoond vir 10 min.
Bedien saam met die kammakreef.

Resep geplaas deur Elna Erasmus
Foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page