Your Recipe Blog

KAMMA NUTTY CRUST KOEKIES

KAMMA NUTTY CRUST KOEKIES

Voorwaar van die lekkerste koekies ooit!

  • 250 g botter, by kamertemperatuur
  • ¾ koppie bruinsuiker
  • 1 koppie hawermout (jungle oats – effens fyner gemaak en vir 5 minute gerooster in die oond)
  • 1 koppie fyn klapper
  • 1 eetlepel kookolie
  • 1 gelykvol teelepel koeksoda
  • 2 eetlepels gouestroop (4 eetlepels indien jy soeter verkies)
  • 2 eetlepels kookwater
  • ± 2 – 3 koppies koekmeel (genoeg om ‘n sagte deeg te vorm)

Verhit die oond tot 180°C.
Plaas hawermout en klapper in ‘n voedselverwerker en maak fyn tot poeier.
Room botter en suiker tot veerlig en meng die olie by.
Voeg hawermoutmengsel by en meng goed.
Voeg gouestroop en koeksoda by die kookwater en meng.
Voeg by die bottermengsel en meng.
Voeg genoeg koekmeel by om ‘n sagte deeg te vorm.
Deel die deeg in 3 en maak ‘n rol van elkeen.
Plaas in die yskas om goed af te koel, omtrent ½ uur.
Sny die rolle met die agterkant van ‘n mes in koekies, omtrent ¾ cm dikte.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat of bakpapier met genoeg spasie tussen die koekies.
Bak vir 12 – 15 minute.

Resep en foto : Anneliese Niemandt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page