KAI SI MING
Kai Si Ming is outydse comfort food in New Zealand, maar ook baie ekonomies en heerlik enige plek in die wêreld! Jy kan die kool, wortel en rys hoeveelhede aanpas soos wat jy wil.
- 60 ml olyfolie
- ½ – 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 500 g maalvleis
- 2 – 3 eetlepels kerriepoeier
- 1 hoender sousblokkie, gekrummel
- 1 groot wortel, grof gerasper
- ¼ – ⅓ kool, grof gekap
- 75 ml kookwater
- 400 g gaar blomkool/gewone rys
- 100 ml room
- sout en peper na smaak
Verhit die olie in ‘n swaarboom pan, en braai die ui en knoffel tot deurskynend.
Voeg die maalvleis, kerriepoeier en “stock cube” by. Braai totdat die maalvleis gaar is.
Voeg die kool en wortel by, asook die kookwater en kook/braai vir ongeveer 10 minute totdat die water verdamp het en die kool nét gaar is.
Voeg die room, sout en peper (na smaak) by en kook nog 5 minute. Hou warm tot bediening.
Resep en foto: Ilze Jacobs