KAASWORSIE MET ‘N KINKEL
Ek en vroulief se oudurfie uit die varkie oond dit was baaaaaaie lekker.
- 1 pakkie snoepkaasworsies (18)
- ½ rol skilferkors deeg
Rol die deeg effe uit op ‘n bietjIe meel en sny dit in repies so wyd as wat die worsies lank is.
Draai elke worsie toe met die deeg sodat die rante oor mekaar gaan en die kante van die worsie oop is.
Smeer die rante met ‘n bietjie melk en druk vas met ‘n vurk.
Draai elke worsie so toe.
Pak dit op jou varkie oond se rak bo-op gespuite foelie en bak vir 20 minute op omtrent 160° C tot mooi bruin.
Vroulief Rinie het ‘n heeeerlik mayonnaise sousie gemaak om dit in te dip.
Djeeeeeeerlik
Resep en foto: Gideon Louw