Your Recipe Blog

KAASSTROOITJIES SONDER BAKPOEIER

Recipe by
Cook: 15 minute

KAASSTROOITJIES SONDER BAKPOEIER

  • 500 g sagte botter of “Stork Bake” margarien
  • 4 koppies koekmeel
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 10 ml sout
  • 10 ml rooipeper (ek skraap die lepel gelyk af)
  • 700 g Cheddarkaas, fyn gerasper

Meng al die bestanddele behalwe die kaas in ‘n mengbak tot goed gemeng.
Voeg die kaas laastens by en knie die mengsel goed deur tot ‘n sagte deeg vorm.
(Geen melk of water moet bygevoeg word nie, die sagte botter of margarien help om ‘n sagte deeg te vorm)
Plaas die deeg in die yskas en gebruik stukkies deeg op ‘n slag uit die yskas om deur die vleismeultjie die strooitjies te vorm.
Plaas die strooitjies op ‘n voorbereide bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond teen 170ºC vir 15 minute.

Resep en foto: Anita Humphries

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page