KAASSTOKKIES
“Goeie môre almal, ek het die resep so rukkie terug by ‘n vriendin gekry, en toe besluit ek ek maak dit vanoggend. Dit is maklik en vinnig en is heerlik net so of met ‘n lekker “Sweet chilli” dip. My man het dit baie geniet. Ek sal volgende keer eksperimenteer met ander kaas.”
- 1 eier
- 100 ml melk
- 1 teelepel botter
- 50 g fetakaas
- 100 g cheddarkaas
- pietersielie, na smaak
- rissievlokkies, na smaak
- knoffelvlokkies, na smaak
- sout, na smaak
- 2 koppies bruismeel
- olie, vir vlakbraai
Meng alles saam en knie die deeg.
Rol die deeg dun uit en sny dit dan in stokkies.
Braai die stokkies in matige, warm vlak olie tot gaar en bruin.
Resep en foto: Marina Hiscock