KAASSOUFFLÉ
- 12½ ml margarien
- 12½ ml koekmeel
- 100 ml melk
- 200 ml cheddarkaas, gerasper
- 2 eiers, geskei
- 1 ml mosterdpoeier
- 1 ml neutmuskaat
- sout en peper, na smaak
Verhit die oond tot 180 ºC.
Bespuit drie tot vier ramekins met kleefwerende kossproei.
Smelt die margarien in ‘n kastrol en roer die koekmeel in.
Voeg die melk by en roer goed tot dik en gaar.
Voeg die kaas en geurmiddels by.
Klits die eiergele by.
Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm en vou dit in by die kaasmengsel.
Vul die ramekins met die mengsel.
Bak vir 15 – 20 minute lank tot gaar.
Bedien dadelik.
Resep en foto: Amanda Austen