Your Recipe Blog

KAASSMEER VAN INGEDAMPTE MELK

Recipe by

KAASSMEER VAN INGEDAMPTE MELK

Ek maak hierdie kaassmeer al vir baie, baie jare. So deur die jare het ek ander resepte probeer, maar ek keer maar net weer terug na my ou staatmaker reseppie.  Nog nooit een gekry wat so na aan Melrose proe as hierdie een nie. ek noem hom sommer Annie Se Kaassmeer.

  • 500 g Berg geprosesseerde kaas, gerasper
  • 1 blik ingedampte melk (410 g) of gebruik 380 g en vul aan met gewone melk
  • 3 eetlepels botter of margarien
  • 1 eetlepel Tabasco sous, opsioneel

Meng alles saam in ‘n pot op medium hitte en roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt is en jy ‘n lekker gladde kaassmeer het.
Maak 2 heuning botteltjies vol.

Nota:
Jy kan fyn biltong,  gebraaide spek of jalapenos ensovoorts insit net voordat jy dit in jou botteltjies skep.

Resep en foto: Annelie Imbrailo

One Review

  1. Judith Mellet
    Ek wil net vir Annelie Imbrailo laat weet dat ek vandag kaassmeer presies volgens haar resep gemaak het – en dit is heerlik! So ongeveer 150 gram rissie-gegeurde biltong fyn gekap en bygeroer aan die einde… en die manne in my huis is in vervoering. Sal nooit weer winkel-kaassmeer koop nie. Dankie, jy.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page