KAASSMEER VAN FETAKAAS
Maak 500 ml smeer
- 300 g Fetakaas
- 2 knoffelhuisies
- 2 ml rooipeper
- 15 ml olyfolie
- 300 ml dik gewone jogurt
- 5 ml paprika
- sout en swartpeper
Verwerk jogurt en kaas saam tot glad.
Voeg die res van bestanddele by, meng deur.
Drup die olyfolie by terwyl die menger heeltyd loop tot alles goed gemeng en glad is.
Plaas in glashouer met ‘n deksel wat dig seël.
Verkoel.
Resep: Petro Calitz
Foto en nota: Ilze Jacobs
My fetakaas was sag soos Danish feta (dis hoe alle feta is in NZ!) maar ek is seker gewone feta sal heeltemal goed werk – veral as jy dit in die voedeselverwerker maak (soos ek). Ek het ook die olyfolie op die einde ingesit en weer gemeng vir ‘n paar sekondes.

