Your Recipe Blog

KAASSKYFIES (LAE KALORIË)

KAASSKYFIES (LAE KALORIË)

Met my eet-leefstyl mag ek nie skyfies eet nie, so ek maak Cheddar kaasskyfies. Dis altyd in my huis en is erg verslawend. Soms soek ‘n mens net ietsie om aan te kou, soos ‘n Simba skyfie, dan maak ek hierdie.

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Plaas bakpapier in ‘n oondpan.
Rasper Cheddar kaas in die pan, en versprei die kaas tot die bodem net net bedek is.
Plaas die pan met kaas in die warm oond en verlaag die hitte na 180ºC.
Bak die kaas tot die vog weg is en dit verbruin, die kaas moet droog wees.
Verwyder die pan uit die oond, plaas eenkant tot dit afgekoel is en die kaas hard is.
Breek die kaas in stukkies en eet dit soos skyfies, bedank my later.

Nota:
Bêre die kaasskyfies in ‘n tupperware bakkie.
As dit afgekoel is en dit nie kraak nie, dan het dit nie genoeg gebak nie, plaas dit net weer in die oond en bak nog ‘n rukkie.
Pasop as dit gebrand is of te donker gebak het, dan proe dit bitter en is niks werd nie.

Resep en foto: Marisza Olivier

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page