Your Recipe Blog

KAASSKONS MET MOSTERD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute

KAASSKONS MET MOSTERD

  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 5 ml mosterd, opsioneel
  • 250 ml kaas
  • 80 ml olie
  • 1 eier
  • ± 180 ml melk

Sif droë bestanddele saam.
Voeg die kaas by.
Meng die olie en eiers en voeg by die meelmengsel.
Maak aan met die melk tot ‘n deeg.
Skep in voorbereide vlak kolwynpannetjies en bak so 15 min by 180ºC.
Dit is maar die lekkerste skons!!!

Notas:
Rina Kleinhans:
Ek het hierdie ou staatmaker weer vanaand gemaak, ek het bietjie ham ingesny en ook weer bietjie semels ingegooi. Ek het dit ook in ramekins gebak en in ‘n oondpan met kookwater by 160°C gebak in ‘n oond met ‘n waaier. Hulle was regtig heerlik.
Lettie van der Merwe:
Hierdie resep is ‘n wenner. Ek gooi opgehoopte teelepel “potato spice” by – en baie kaas. Meng melk en mosterd en vir mooi kleur, so knypie borrie. Jy proe dit nie, die skons is dan net mooi kleur.

Foto: Carol Visser – ek het toe die kaaskons met mosterd gemaak en chives ingesit – perfektos! Baie dankie.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page