KAASSKONS IN DIE SNACKWICH
- 4 eetlepels olie
- 1 eier
- ¾ koppie melk
- 1 koppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 ½ koppie geraseperde kaas
- knippie sout
Meng alles saam tot ‘n slapperige deeg. Maak die “snackwich” warm, skep lepels vol in elke afdeling van die masjien, pasop vir te veel, dit gaan net uitloop, druk toe en laat gaar word tot die liggie aangaan!
Variasies:
Mens kan in die deeg sit net waarvan jy hou, uie, spek, ens.
Sny mooi op die lengte kant oop en sit vulsel van jou keuse in, op die foto is hoender en mayonnaise mengsel.
Yummies, maklik en vinnig.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans
Tweede foto: Petro Labuschagne