Your Recipe Blog

KAASKOEKIES ALA MARIE – SOUTBESKUITJIES

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: +- 60 koekies

KAASKOEKIES ALA MARIE – SOUTBESKUITJIES

  • 250 g koekmeel
  • 1 pakkie Knorr pepersouspoeier
  • 55 g gerasperde Cheddar kaas
  • 15 ml vars sprietuie gekap
  • 125 ml olyfolie
  • 1 eiergeel
  • 80 ml water
  • 5 ml knoffelpoeier
  • 1 ml rooipeper of gerookte paprika of spesery van jou keuse
    (wees versigtig met rooipeper, gebruik na smaak)

Voorverhit oond tot 170ºC.
Voeg die meel, souspoeier, kaas, sprietuie, knoffelpoeier en spesery van jou keuse in ‘n mengbak en meng goed deur.
Klits die olie, eiergeel en water saam en voeg by die droë bestanddele en meng tot sagte deeg.
Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie tot ‘n gladde deeg vorm.
Bedek die deeg met kleef plastiek en plaas in yskas om te rus vir 25 – 30 minute.
Verwyder die deeg uit die yskas en rol uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is tot ongeveer 5 mm dik en druk vormpies uit met ‘n koekiedrukker of glasie van jou keuse.
Plaas die koekies op ‘n voorbereide bakplaat en bak vir ± 20 minute tot ligbruin en gaar.
Laat die koekies ten volle afkoel op die bakplaat, voordat dit in ‘n lugdigte houer geplaas word.

Nota:
Maak hulle so groot soos ‘n R5 munt stuk en lekker dun, dit is net te lekker.
Die grootte wat ek gemaak het, kry jy omtrent 60+ koekies uit, ek het ‘n “tod measure” glasie gebruik om dit mee uit te druk.
Ek het die koekies maar klein gemaak en daarom net 15 min gebak.

Resep: Marie de Vries
Foto: Gideon Louw

One Review

  1. douw.denise@gmail.com

    I made these today and they are perfectly melt-in-the-mouth which I was hoping for. This recipe is going to become one of my go-to absolute favourites. Thank you for sharing.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page