KAASKOEK MET MALVALEKKERS
- 200 ml melk
- 150 g malvalekkers
- 460 g roomkaas
- 340 ml room
- 300 g Tennisbeskuitjies
- 75 ml botter
- 125 ml bruinsuiker
Maak die koekies fyn en meng saam met die suiker. Smelt die botter. Meng alles saam.
Druk koekies in ‘n losboompan vas om ‘n kors te vorm. (Kan ook ‘n gewone glas tertbak gebruik) Hou eenkant.
Meng die malvalekkers en melk. Plaas op ‘n stoofplaat op ‘n medium hitte.
Roer gereeld tot malvalekkers gesmelt is. Haal af en laat afkoel.
Klits die roomkaas met ‘n elektriese klitser. Meng die malvalekkermengsel met die roomkaas. Klits goed.
Klits die room tot styf. Meng met die malvalekkermengsel. Skep in die kors.
Plaas in yskas tot gestol. Sny in skywe of blokke en geniet.
Nota:
Indien jy ‘n losboompan gebruik, verwyder baie versigtig uit the pan nadat dit goed gestol het.
Indien verkies, knip ‘n paar malvalekker met ‘n sker en versier bo-op.
Resep geplaas deur en foto: Poppie Naude
Ek het hierdie resep al 2 keer gemaak en elke keer was dit n reuse sukses, bietjie duur met die room kaas maar n wenner.