Your Recipe Blog

KAASKOEK MET MALVALEKKERS

Avatar photo
Recipe by

KAASKOEK MET MALVALEKKERS

Resep geplaas deur en foto: Poppie Naude

  • 200 ml melk
  • 150 g malvalekkers
  • 460 g roomkaas
  • 340 ml room
  • 300 g Tennisbeskuitjies
  • 75 ml botter
  • 125 ml bruinsuiker
  • Maak die koekies fyn en meng saam met die suiker. Smelt die botter. Meng alles saam.
  • Druk koekies in ‘n losboompan vas om ‘n kors te vorm. (Kan ook ‘n gewone glas tertbak gebruik) Hou eenkant.
  • Meng die malvalekkers en melk. Plaas op ‘n stoofplaat op ‘n medium hitte.
  • Roer gereeld tot malvalekkers gesmelt is. Haal af en laat afkoel.
  • Klits die roomkaas met ‘n elektriese klitser. Meng die malvalekkermengsel met die roomkaas. Klits goed.
  • Klits die room tot styf. Meng met die malvalekkermengsel. Skep in die kors.
  • Plaas in yskas tot gestol.  Sny in skywe of blokke en geniet.

Nota:
Indien jy ‘n losboompan gebruik, verwyder baie versigtig uit the pan nadat dit goed gestol het.
Indien verkies, knip ‘n paar malvalekkers met ‘n sker en versier bo-op.

 

One Review

  1. Marthina Jacobs

    Ek het hierdie resep al 2 keer gemaak en elke keer was dit n reuse sukses, bietjie duur met die room kaas maar n wenner.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page