Your Recipe Blog

KAASHAPPIES

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: ongeveer 70- 80 koekies

KAASHAPPIES

‘n Groot gunsteling in ons huis. As jy begin eet kan jy nie ophou nie. Ek gebruik margarien uit die yskas en rasper dit dan grof sodat dit makliker kan invryf.

  • 4 koppies koekmeel
  • 4 koppies gerasperde Cheddarkaas
  • 500 g margarien (70%)
  • knippie sout
  • Vulsel:
  • margarien of botter
  • Marmite (hoeveelheid hang af van hoe sterk jy die Marmite smaak wil hê)

Plaas die koekmeel, kaas en sout in ‘n mengbak en meng deur.
Voeg die margarien by die meelmengsel en vryf margarien daarin dat dit groot krummels vorm.
Druk die krummels aanmekaar sodat dit ‘n sagte deeg vorm.
Indien die krummels nie aanmekaar wil druk nie, hou die krummels net toe in jou hand sodat jou hand se hitte die margarien sagter maak.
Rol uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is tot ongeveer 4 mm dik en druk vormpies uit met ‘n koekiedrukker of glasie van jou keuse.
Plaas die koekies op ‘n voorbereide bakplaat en bak by 180°C vir ± 20 minute tot gaar.
Laat die koekies ten volle afkoel op die bakplaat.
Meng die margarien of botter met die Marmite. Smeer op een koekie en plak die tweede koekie bo-op. Geniet.

Resep en foto: Alta de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page