KAASBROODJIES
- 2 snye rogbrood, gerooster (dit keer dat dit ‘n papperige, natterige spul word)
-
1 eier
-
1 eetlepel rondvol mayonnaise (die mayonnaise moet omtrent net soveel soos die eier wees)
-
groterige knippie mosterd of ‘n teelepel aangemaakte mosterd
-
fyngekapte sprietuie (kan ook ander goed soos ham, aspersies of sampioene insit)
-
gerasperde kaas om mengsel styf genoeg te maak om op die brood te sit (omtrent ¾ koppie sou ek skat)
Klits die eier effens en voeg die mayonnaise, mosterd en sprietuie by. Voeg genoeg gerasperde kaas by totdat dit ‘n stywerige mengsel is.
Sit die rogbrood op ‘n bakplaat, en rooster bruin onder die roosterelement.
Haal uit, skep die mengsel op die ander kant en rooster tot gaar.
So omtrent 10 min teen 160°C – 180°C.
Nota:
Die mengsel moet gaar word voordat dit bo-op bruin braai. Dit lyk baie mooi as die eierwitte afsonderlik styfgeklits word en net liggies ingevou word.
Resep en foto deur Tosca de Villiers