Your Recipe Blog

KAAS WORSBROODJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40-45 minutes | Servings: 8 klein broodjies

KAAS WORSBROODJIES

Ons het gistraant hierdie oudurfie sommer ‘n ete gemaak. Ek noem dit sommer ‘n kaas worsbrooitjie.

  • Deeg vir broodjie:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 50 ml suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • ± 1 koppie melk
  • Ekstra:
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel “Italian herbs”
  • 1 eetlepel knoffel en rissie speserye
  • 1 pakkie kaasworsies (± 80 mm lank)
  • 3 eiers, geklits
  • 8 klein velletjies kaas
  • 2 koppies gerasperde Chedder kaas

Meng die brood bestanddele saam tot ‘n gladde beslag. Voeg by die beslag sout, peper, speserye en knoffel. Meng goed.
Gebruik 8 klein brood pannetjies wat goed gespuit is.  Skep in elke pannetjie omtrent 3 eetlepels beslag of tot die beslag op is, gevolg deur 2 eetlepels geklitste eier tot dit op is en meng in die pannetjie.
Plaas ‘n strokie kaas bo-op en ‘n worsie bo op die kaas in die middel van die beslag in die pannetjies.
Stooi dan van die gerasperde kaas bo op die broodjies.
Laat staan ‘n rukkie en plaas dan in ‘n opgewarmde varkie oond van 180°C en bak vir 40 tot 45 minute.

Resep en foto’s: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page