KAAS, SPINASIE EN SPEKSKONS
“Nog ‘n vinnige diabeet/keto vriendelike resep as die lus vir soutskons te groot raak…meng dit vir 5 minute en bak dit in 15 minute. Heerlik saam met koffie en kaas vir ontbyt – en dit kan selfs as’n bun vir hamburgers gebruik word. Middagetes vir die week – done.”
- 1 koppie amandelmeel (of neutmeel van jou keuse)
- 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
- 1 teelepel bakpoeier
- knypie sout
- 2 eiers
- handvol babaspinasieblare, gekap
- 1 wiel Feta, gekrummel
- 2 repe spek, gebraai en in stukkies gekap
Meng bestanddele saam. Vorm in agt skons, of 10 muffins.
Bak 15 minute by 200 °C. Sny oop en bedien met botter en wat ookal jy voor lus is.
Nota
Die spek en spinasie kan ook met ‘n handvol biltong vervang word.
Elke skon bevat 3 g netto koolhidrate.
Resep en fotos: Ilze Jacobs