Your Recipe Blog

KAAS-MACARONI MET MAALVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 – 25 minute

KAAS-MACARONI MET MAALVLEIS

  • 80 ml olie
  • 3 gekapte uie
  • 1 knoffel toontjie
  • 1 gekapte groen soetrissie
  • 700 g bees maalvleis
  • 3 teelepels oreganum
  • sout en peper na smaak
  • 2 gekapte tamaties
  • 30 ml tamatiepasta
  • 125 ml bees aftreksel
  • 500 g macaroni, gekook volgens die pakkie se instruksies
  • Kaassous:
  • 500 ml melk
  • 30 g botter
  • 30 ml koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • 500 ml Cheddarkaas
  • 2 geklitste eiers
  • 100 ml gerasperde kaas, vir die bokant

Maalvleis en Macaroni:
Verhit die olie in ‘n kastrol en roerbraai die uie, knoffel en groen soetrissie.  Voeg die maalvleis by en braai saam tot gaar maar nie verbruin nie.  Voeg die Oreganum, sout en peper by en kook vir 3 minute.  Voeg die tamaties, tamatiepasta en aftrekstel by.  Laat prut tot die vloeistof met helfte verminder het. Voeg die macaroni by, meng deur en hou eenkant.

Kaassous:
Verhit die melk ‘n bietjie en hou eenkant.  Smelt die botter in ‘n kastrol, voeg die meel by en roer.   Verwyder van die hitte en roer die verhitte melk daarin.   Geur met sout en peper en voeg die kaas en geklitste eiers daarby.  Roer deeglik.
Skep helfte van die maalvleis en macaroni mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en giet helfte van die kaassous daaroor.   Herhaal en eindig met ‘n laag kaassous.  Sprinkel die ander kaas bo-oor en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin.

Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page