KAAS EN UIE DROëWORS KOEK
Resep en foto: Annalize Dorfling Volschenk
- Deeg:
- 1 kg bruismeel
- 2 pakkies wit uiesoppoeier
- 1 liter Amazi
- 1 koppie gerasperde kaas
- Versiering:
- maaskaas, salami en droëwors na smaak
- Meng die deegbestanddele goed saam.
- Plaas in twee gesmeerde koekpanne (23 cm) en bak by 180ºC vir 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
- Vulsel tussen twee lae en bo-op:
- Maaskaas – ek het “chives” gegeurde maaskaas gebruik.
- Smeer om die kante sommer gewone maaskaas, nie te dik nie net dat die droëwors kan plak.
- Sny die droëwors almal ewe lank. Sit die droëwors rondom teen die koek vas, en bind vas met ‘n lint.
- Versier bo-op met salami blomme of soos verkies.
Category:

