KAAS- EN SPRIETUIEBOTTERBROODJIE
- 500 ml koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- 15 ml groentekruie (Ina Paarman)
- 50 ml fyngekapte sprietuie (20 ml gedroog)
- 250 ml gerasperde kaas van jou keuse
- 5 ml rissievlokkies, opsioneel
- 45 ml olie
- 250 ml melk
- 1 eier
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bespuit ‘n 12-kolwyntjiepan met kossproei.
Klits die eier, olie en melk saam. Meng met die res van die bestanddele.
Skep lepelsvol in die kolwyntjiepan en bak vir 10 tot 15 minute.
Sit warm voor saam met botter.
Resep en foto: Leonie Janse van Rensburg